Connect with us on LinkedIn
About HILF Supply Chain Solutions

About

About Hilf Supply Chain Solutions

English Language version اللغة العربيّة Brazilian българин 漢語 hrvatski český danske Nederlands Esperanto
Suomi français deutsch Ελληνικά עברית magyar íslenska India Bahasa Indonesia فارسی
Italiano 日本語 한국어 Malay norsk polski portuguse român Русско srpski
South Africa slovenski español svensk 台灣人. Thai Türkçe Український Cymraeg  

National FlagWelkom

Omtrent ons

Die woord Hilf is eintlik afgelei van die Duitse woord Hilfe, wat 'Help' of 'Bystand' beteken. Waarom moet u Hilf Supply Chain Solutions by u Bestuursopleidingsprogram betrek? Want met ons, wanneer ons u bystaan in die bereiking van u kapasiteitsdoelwitte, is om ''n bykomstige myl te draf' standaard. Ons missiestelling is 'n ware weerspieëling van die manier waarop ons sake doen:-

'n Bekendstelling aan ~ Hilf Supply Chain Solutions Limited

Ons is oorwegend 'n Opleidingsmaatskappy wat spesialiseer in Voorraadbestuur, Aanvraagbeplanning en -voorspelling. Ons word deur APICS erken as 'n "GOP (Gemagtigde Opleidingsvoorsiener) ["AEP" (Authorised Education Provider)] – ons onderneem ook konsulterings- en Interim-bestuurswerkopdragte. Opleiding word, in die oorgrote meerderheid gevalle, aangebied op die klantterrein binne die VK. Internasionale werkopdragte kan egter ook onderneem word.

Internasionale Konferensies – maatskappy-verteenwoordigers het referate gelewer by verskeie konferensies/ opleidingswerkswinkels oorsee, insluitend China, Bahrain, Thailand, Saoedi-Arabië, Maleisië, Ierland, Jordanië, Suid-Korea & Singapoer (verwys na ons aanlyn pamflet vir voorbeelde van terugvoerkommentaar deur deelnemers).

Ons Missiestelling

Ons missie is om die van voorkeur-verskaffer van Opleidings- en Adviserende werkopdragte, in die markte wat ons dien, te wees. Ons besef ons kliënte is ons eerste prioriteit – ons glo dat hulle niks minder verdien nie, want ons hele bestaan is van hulle afhanklik. Ons meedoënlose strewe na klanttevredeheid is die dryfkrag vir ons voorneme om kwaliteitsdiens, 100% van die tyd, te lewer. Ons sal luister na hul veranderende behoeftes, die veranderende behoeftes voorsien en reageer daarop, soos hul sake dikteer.

Vir meer inligting, stuur asseblief 'n e-pos, in Engels, aan info@hilf.co.uk

Refer also to http://www.sapics.org/

Supply chain training solutions for large multi-national clients in carefully targeted industry sectors.